Niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie ...
Tessa Steyn is mal oor Kersfees. Soos in gaan-voluit mal: die musiek, die boom,
die engeltjies, die kerse, die ligte, die klokkies, álles. Na ’n kort kuier in
Johannesburg, vlieg sy George toe, die naaste lughawe aan Buffelsbaai waar haar
mense elke jaar Kersfees hou. Aan die grompot langs haar in die vliegtuig, gaan
sy haar nie steur nie. Gelukkig gaan sy hom nooit weer sien nie.
Veearts Sias Reynecke haat Kersfees. Hy is net op die vliegtuig omdat sy suster ’n
huis vir hulle twee vir Kersfees op Buffelsbaai gehuur het. Dis nou as hy daar
aankom sonder om iets aan die irriterende beeldskoon vroumens wat langs hom
in die vliegtuig beland het, te doen. Hopelik sien hy haar nooit weer nie.
Maar soos Tessa se ouma, Liesbet, verduidelik: Sommige dinge is reeds lank
terug in die sterre geskry