Hoezit15: Die wonderwêreld van my liggaam (EBOEK)

R90,00
In voorraad
ISBN
9780799389579
Formaat: E-boek
Publikasie datum: 2018-01-02
Links
Waarom is ’n gaap aansteeklik? Hoekom is party mense kleurblind? Wat laat jou hik? Hoeveel keer klop jou hart per dag? Ontdek die wonderlike wêreld van die menslike liggaam met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van die menslike liggaam kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Vind meer uit oor die verskillende liggaamstelsels wat jou aan die lewe hou, ontdek fassinerende feite oor jou hart, brein en ander organe, en vind uit waarom kieme jou siek kan maak en hoe om hulle te beveg! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
Meer inligting
Publikasie Datum 02 Jan. 2018
Formaat E-boek
Skrywer Fanie Viljoen, Jaco Jacobs
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen, Jaco Jacobs