Goue Gloed

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870254
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-06-01
’n Goudmyn van liefde Erica se man sterf in ’n motorongeluk en sy vind kort daarna met ’n skok uit sy is swanger. Boonop ontdek sy haar man het haar in ’n geldelike verknorsing agtergelaat. Uit desperaatheid gaan bly sy by haar niggie, maar swyg oor haar swangerskap en soek naarstig na werk. Uiteindelik kry sy ’n pos as boekhouer by ’n goudmyn en deel van haar diensvoordele is verblyf op die myn se perseel. Braam, ’n enkelloper, is haar baas en ’n regte brombeer. Almal trap in hul spoor wanneer hy in die omtrek is. Mettertyd kan sy nie meer haar swangerskap wegsteek nie en die mense begin oor haar skinder: Hoe raak ’n weduwee dan swanger? Maar Braam, wat in die mynhuis reg langs haar woon, leer haar beter ken en begin met ander oë na haar kyk. Sy voel self aangetrokke tot hom, maar waak teen haar gevoelens. Sal die baba se koms hulle nader aan mekaar bring of hul lewenspaaie finaal laat skei?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Anna van Tonder
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Anna van Tonder