Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Ná ’n toksiese verhouding vertrek Helene Lochner Australië toe om oor te begin. Sy kry werk op ’n skaapplaas en ontmoet vir Theo Oosthuizen wat vir haar tydelik blyplek gee.
Daar is vonke tussen hulle, maar die tyd is nie reg vir iets meer nie. Theo probeer haar vergeet en trek terug Suid-Afrika toe om op sy familieplaas in die Roggeveld te fokus.
Wanneer Helene se vriendinne ’n dubbele troue in Suid-Afrika reël, kan sy nie nee sê nie. Maar Theo is ook ’n gas en hy en Helene herleef ou gevoelens. Kan hulle die moed vind om liefde ’n tweede kans te gee?