Liefde is vuur - Omnibus (EBOEK)

R153,00
Liefde is vuur (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799394269
Format: EPUB
Publish date: 2019-03-25
Links
Serena Steyn se eerste omnibus bederf jou met ’n hertog in ’n magspel, ’n moeilike Fransman en ’n mooi maar onuitstaanbare doktor. Liefde is vuur is ’n samestelling van drie van Serena Steyn se vorige Romanzas: Kameliabruid, Die Fransman en Moetie vir ’n mooi man. Kameliabruid: Wanneer dit by sy land kom, praat hertog Maximillian von Flade se verstand. Maar by Adelka lei sy hart hom. Om ’n hawe vir sy hertogdom te bekom wil Max met prinses Elena, troonopvolger van Kamburg, trou. Adelka weet egter dat haar ou kamermaat het Jozef Rombi lief. En sý vir Max. Adelka bly by haar vriendin terwyl die onderhandelings tussen die twee lande aan die gang is. In die proses trap sy op ’n paar tone en die situasie raak gevaarlik. Boonop raak Max se toenaderings intenser. Sy moet wegkom. Van die politiek, intriges, rugstekery. En van Max. Hy speel ’n magspel. En haar én Elena se gevoelens word misken. Die Fransman: Leiandra het nie nóg ’n Fransman in haar lewe nodig nie. Chaney het haar hart gebreek en sy maak sy seun alleen groot, dankie. Trouens, die Beaurains weet nie van Hugo nie en mag ook nie. Maar toe Jean-Philippe Beaurain met ’n vreemde tyding sy opwagting maak, slaan haar lewe ’n nuwe rigting in. Nie net herken hy Hugo as ’n Beaurain nie, maar hulle moet opsluit saam Frankryk toe. Juis na waar Canon is, die man wat haar huwelik verwoes het. Sy is een keer deur die Beaurain-familie benadeel, maar nie weer nie. Durf sy haar kind van sy familie ontneem? En wat van haar erflating? En haar hart? Moetie vir ’n mooi man: Ilse het bloot die Du Buisson-landgoed besoek om ’n kruietuin te beplan en word toe soos ’n misdadiger gevange gehou. In die mooi maar ondraaglike doktor Gerhard du Buisson se woonstel langs sy laboratorium word sy ingeperk, waar sy per ongeluk beland het. Al wat Ilse raakgesien het, was ’n botteltjie rooi naellak op die lessenaar, en hy glo vas sy het kom spioeneer. Hoe moes sy weet hy’s besig met hoogs geheime navorsing? En word boonop deur die polisie én die regering beskerm? Mettertyd besef sy haar treiterende emosies – van magtelose woede en teësinnige respek tot bewondering – is deel van ’n liefdespakket. Een wat sy asseblief tog nie wil hê nie ...
Meer inligting
Publish Date 25 Mrt. 2019
Format EPUB
Skrywer Serena Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Serena Steyn