Brandt Faber is hard, onwrikbaar, onstuitbaar. Hy draai nie doekies om nie, Leana moet hom betaal – met haar vriendskap, geselskap, en uiteindelik haar lyf. Hy’s ’n uitdaging, maar ’n onbekombare sege .... In hulle veroweringspel is die grense reeds getrek, en gaan daar net verloorders wees. Tog moet Leana saamspeel. Daar is soveel op die spel, en sy moet Jak Litte se dood wreek. Sy’t Brandt nodig om wraak te neem, maar hy volg net sy eie reëls. Haar hart wil ook ’n sê hê, en dit weet sy te goed, is onmoontlik. Brandt lê die reëls neer en dit bring haar bitter min in die sak. Sy gaan net verloor.