Die Tale Wat Ons Praat (EBOEK)

R180,00
Die Tale Wat Ons Praat (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9781776092345
Format: EPUB
Publish date: 2020-01-07
Links
Wanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry ’n mens in ’n baan, of in ’n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoer regtig ’n woord? Waar kom die peet in peetouer vandaan? Hoe verskil relikte, relieke en relikwieë? Wanneer tap ’n mens ’n ui? Wat doen jy as jy varkoor gooi? Waar kry volstruis sy naam? Vir jare al, Sondae net ná elf, word al dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Ook word aktuele sake en interessanthede oor Afrikaans bespreek. Van die deelnemers aan die program is taalkundiges, leksikograwe en huidige en oudlede van die SA Akademie se Taalkommissie. In hierdie boek bring Jana Luther en Fred Pheiffer, saam met Danny Fourie as samesteller, van die gewildste bydraes deur dié luisteraars en taalkenners byeen. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!
Meer inligting
Publish Date 07 Jan. 2020
Format EPUB
Skrywer Danny Fourie
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening