Die lewe se vuil houe

R190,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637001397
Format: Sagteband
Publish date: 2023-03-01
Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie. "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma.”“Belowe?” Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles. Dewie moet daarmee saamleef.Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak.Sy mag net nie daarvan uitvind nie. Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie. Veral nie sy pelle nie. Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar boeke en slim sêgoed en oë wat uit ’n ander wêreld na hom kyk. Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2023
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Fanie Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen