Dit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, ’n jong entoesiastiese
navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa en sy tweede
vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere, die geskiedenis
van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want Leah wil gesels oor die
Messias wie sy leer ken het in haar studies, en haar Joodse gesin is nie ontvanklik
daarvoor nie.
Diverse kultuur- en geloofsgroepe en na-oorlogse politieke kwessies
skep ook probleme vir die Abrams-gesin en hul tuisdorp. ’n Sluipmoordaanval
krap wonde en geheime in die dorp en Leah se gesin oop en
die plaaslike polisie se vooroordele help nie die ondersoek na die skuldige
aan nie …
Leah is oorweldig deur seer en onsekerheid. Maar sy begin stadig maar
seker by mense wie sy nooit sou verwag het leer dat vergifnis, verhoudings
en liefde die dinge is wat mense bymekaar bring, ongeag van hulle stand of
kultuur. Sy besef ook met die hulp van ander dat God nie tussen die blaaie
van ’n boek leef nie, maar in jou hart. Dalk het die Here nog heeltyd ’n
ander plan gehad vir die mense in Die huis op die hoek.