Vier keer brand die opsitkers vir hulle, toe vra François de Villiers Katharina om te trou. Sy wéét dit gaan eintlik om haar erfplaas Kat is nogtans van plan om sy hart te wen. Al is hy ’n moeilike man, afstandelik, selfs koud. Toe François agterkom sy skoonpa is bankrot, vat hy die pad diamantvelde toe. Sonder sy medewete is Katharina agterna. Saam werk hulle in haglike omstandighede, maar dan stuur François haar huis toe. ’n Tweede keer probeer Kat haar huwelik red, maar besluit sy sal haar nie wéér deur François laat verneder nie. Sy het genoeg geld om haar toekoms te verseker, al is die prys hoe hoog.