Déjà vu (EBOEK)

R305,00
In voorraad
ISBN
9781779860255
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2025-09-15
Links
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin? Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In die Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy Wilbur se skatryk familie en al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldon-kleinkind, en ʼn paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs. Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ... Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam moet hulle die Sheldons se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voor nog iemand seerkry.
Meer inligting
Publikasie Datum 15 Sep. 2025
Formaat EPUB
Skrywer Chanette Paul
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Chanette Paul