Breekpunt (EBOEK)

R0,00
In voorraad
ISBN
9781776380800
Format: EPUB
Publish date: 2024-08-01
Links
Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt? Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouer-huise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . . Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning? Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels. Sal hulle die meisies betyds vind? Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.
Meer inligting
Publish Date 01 Aug. 2024
Format EPUB
Skrywer Marie Lotz
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening