Na ’n plaas in Afrika

R350,00
Na ’n plaas in Afrika
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639606262
Format: Sagteband
Publish date: 2021-03-01
In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit Londen ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries. Na ’n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp. Irma Joubert is die gewildste en mees geliefde skrywer van Afrikaanse historiese fiksie. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2021
Format Sagteband
Skrywer Irma Joubert
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Irma Joubert