Blou sjokolade (EBOEK)

R245,00
In voorraad
ISBN
9780639601175
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2021-05-13
Links
Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese tienerreeks oor Elle Kroon se avonture. Die vorige twee boeke is Kondensmelk en Koshuiskoffie. Die boeke volg op mekaar, maar kan ook as enkeltitels gelees word. In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ... Vervaardig en opgeneem deur BiB.Africa. Voorgelees deur Carla Smith.
Meer inligting
Publikasie Datum 13 Mei 2021
Formaat Sagteband
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening