Blinde kol

R360,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779860583
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2026-09-01
AO Karla Blanckenberg, gyselaaronderhandelaar by die SAPD, staan buite ’n dameskoshuis in Stellenbosch. Die toneel is ’n barrikade. Dooie meisies lê voor die ingang. ’n Gewapende jong man het sy pad in die gebou in geskiet, en ’n groep vrouestudente gyselaar geneem. Blanckenberg is spesifiek ontplooi. Die jong man het vir haar gevra. Hulle het al vantevore ontmoet. AO Colin Menck staan langs haar. Sy dogter is self ’n student, so die toneel voel heeltemal te persoonlik. Terwyl Blanckenberg die jong man moet leer verstaan, grawe Menck in sy verlede om uit te vind wat hom tot hierdie punt gedryf het. Maar hoe meer hulle leer, hoe meer onvoorspelbaar raak die situasie, en hoe groter die lewensgevaar vir die gyselaars. Blinde kol is ’n intense ondersoek van die donker idees van ons tyd en wat kan gebeur wanneer hulle in die verkeerde psiges posvat.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Sep. 2026
Formaat Sagteband
Skrywer Martin Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Martin Steyn