Bewys van die Hemel (EBOEK)

R200,00
Bewys van die Hemel (EBOEK) deur Eben Alexander
In voorraad
ISBN
9780143531067
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2013-02-04
Links
Die vooraanstaande neurochirurg dr Eben Alexander het homself altyd as 'n man van die wetenskap beskou. Sy vaste geloof in geneeskunde wat op bewyse berus, het hom 'n loopbaan by van die top-institusies in die wêreld besorg. Maar dit sou heeltemal verander. Een oggend in 2008 raak hy in 'n koma nadat hy 'n seldsame bakteriese breinvliesontsteking opgedoen het. Breinskanderings wys massiewe breinskade. Hulle verwag nie hy sal leef nie. Terwyl sy gesin hulle op die ergste voorberei, gebeur iets wonderbaarliks: sy brein begin ontwaak uit 'n toestand van byna algehele stilstand. 'n Veranderde man word daar wakker, seker van die oneindigheid van die siel, en seker van 'n lewe anderkant die dood. In hierdie verstommende boek deel dr Alexander sy ondervinding soos hy dit saamgestel het uit notas wat hy gehou het so gou hy weer kon skryf. Anders as vele ander beskrywings van nabydood-ervarings kan hy verduidelik waarom sy brein nie in staat was om sy reis na die hiernamaals te versin nie.
Meer inligting
Publikasie Datum 04 Feb. 2013
Formaat EPUB
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening