Anderkant die water

R320,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779860347
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2026-10-01
Niks is ooit weer dieselfde nie. In 2021 gebeur die ondenkbare. Ronel du Plessis en oud-Bok Jannie du Plessis se seuntjie Jan-Nathaniël verdrink op tien maande by die huis in hulle swembad. In ’n oogwink verander alles. Waar begin mens om die stukkies op te tel? Hoe bly jy staande na iets só overstaanbaar, só onregverdig met jou gebeur? Hoe hou jy jou familie bymekaar met soveel hartseer in die huis? Anderkant die water is die uitbeelding van Ronel se soeke na antwoorde en genesing. Sy wend haarself na haar kuns, en begin om haar seuntjie, haar woede en haar hartseer uit te beeld met woorde, illustrasies, skilderye. Enigiets wat help om uiting te gee aan die onverwerkbare emosies in haar. Niks is ooit weer dieselfde nie. Maar met hierdie boek wys sy ook dat daar tóg hoop anderkant die dood is. Hierdie boek is ’n huldeblyk aan hulle seun, ’n verwerking van hulle hartseer, ’n rekord van ’n ma se rou, en die storie van ’n hart se herstelling en die terugkeer van hoop.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Okt. 2026
Formaat Sagteband
Skrywer Ronel du Plessis
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening