Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die LEER MY LEES-reeks bestaan uit trots Suid-Afrikaanse gegradeerde
leesboeke wat leesbegrip en -vlotheid progressief ontwikkel. Die Vlak 3 boeke
11-20 bou voort op die vaardighede wat in boeke 1-10 aangeleer is.
Vlak 3 se stories fokus op langer sinne en kort paragrawe. Tippie stel die leser
bekend aan nuwe kontekstuele woordeskat, maar is steeds maklik om te lees, en
so selfvertroue te bou.