1-2-3 Groei met spel

R190,00
1-2-3 Groei met spel
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799374711
Format: Sagteband
Publish date: 2015-01-12

Hedendaagse kinders weet dikwels nie meer hoe om te speel nie en daarom is hul fyn- en grootmotoriese ontwikkeling nie op standaard nie. Hulle sukkel dikwels met aktiwiteite soos inkleur, knip, bal vang en eenbeentjie spring. Hul spierontwikkeling is ook swak en dit lei tot probleme met konsentrasie. Daar is verskeie faktore wat kinders se motoriese ontwikkeling negatief beïnvloed. Die algemeenste is waarskynlik die feit dat moderne vermaak (soos selfone, televisie en elektroniese speletjies) passief is en tekort skiet aan kreatiwiteit. Hierdie boek bevat 123 speletjies wat jou kind se begrip kan prikkel en so help met redenerings- en syfervaardighede. Dit bied ook 'n geleentheid vir sosiale interaksie en in die proses ontwikkel jou kind emosioneel. Terselfdertyd is hierdie speletjies lekker vir partytjies, pretdae, ysbrekers of sommer net speel.

Meer inligting
Publish Date 12 Jan. 2015
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Nadia Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening