Amelia Benson moet haar trots sluk toe haar skatryk verloofde haar op die markplein te koop aanbied. Sy het ’n keuse: keer terug na haar liefdelose stieffamilie en ruggraatlose pa of trou met Benjamin Roberts, die arbeider vir wie sy reeds snedig nee gesê het oor sy nederige agtergrond. Nou is sy in Benjamin se ouerhuis weereens ’n buitestander – ’n bederfde rykmansdogter. Nou moet sy ’n nuwe pad vind as sy Benjamin wil wys dat sy nie net ’n bedorwe brokkie is nie.