Toe Lilihanna se kêrel haar in die openbaar afsê, maak Sebastian haar ’n aanbod: As sy as model sal optree in ’n advertensie vir sy spa , kry sy ’n gratis oormaaksessie en ’n week se pamperlang daarby. Lilihanna stem in, en gou is sy en Sebastian smoorverlief. Die enigste vlieg in die salf is sy beeldskone assistent wat duidelik self ’n oog op Seb astian het. Lilihanna moet besluit of sy gaan toelaat dat ’n misverstand hulle liefde kelder, en of sy vir hul geluk gaan v eg.