Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Is tien jaar genoeg tyd om jou van jou ware liefde te laat vergeet, wonder Sidney. Sy is intussen self getroud en Ryno sal haar nie eers herken as hy weer sy gesig op Kroonheuwel moet wys nie. Hier staan hulle wel nou weer voor mekaar, maar sal hulle die verlede kan vergeet en mekaar kan vergewe?
BONUSKORTVERHAAL! Krimpvarkies en uitstekende geselskap – Sonja Brown Joachim besef dadelik dat Nanette nie soos al die ander juffrouens by die skool is nie. Sy skerts en skinder nooit saam nie. Maar dalk kan hulle twee opnuut almal se skindertonge los maak as hy haar sit en krimpvarkies voer in die personeelkamer.