Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Jossie Tredoux is ? dominee wat haar nie deur konvensies aan bande laat lê nie. Die streng nuwe skoolhoof se manier van doen bots met haar spontane benadering. Maar hy het 'n swakplek: sy seuntjie Denzil, die appel van sy oog.