Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Francesca begeer ’n Duitse herdershond, maar Henri van der Merwe dink nie sy’s ’n geskikte baas nie. Sy sál ’n hond kry, besluit sy, maar sy moet verbete keer dat Henri agterkom sy wil hom ook hê.