Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Nelleke se loopbaan as sangeres is daarmee heen. Maar in Noorweë maak Philip le Roux en sy kitaar nuwe drome in haar wakker. Daar is egter Braam om mee rekening te hou. En Philip se vrees om homself te verbind.