Sewe beloftes
Tien jaar gelede het Chelsey uit Los Angeles weggevlug van die man wat skuldig was aan die grootste verraad denkbaar. Haar groot en enigste liefde, net heeltemal onbetroubaar. Sy kruip op Phomona weg om in vrede te skryf, weg van die pers, van die stories oor haar pa en haar Hollywood-aktrise-ma. En weg van Shane Morgan. Toe sy hoor hulle egskeiding was nooit wettig nie, besef sy dat hy haar lewe steeds in chaos kan dompel. Veral toe hy weier om van haar te skei.
| Publikasie Datum | 01 Apr. 2014 |
|---|---|
| Formaat | EPUB |