Ter wille van (EBOEK)

R255,00
In voorraad
ISBN
9781779881038
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2026-02-01
Links
Danika was vir ’n kort rukkie dolgelukkig getroud totdat haar man, Ryk Terblanche, in ’n vreemdeling ontaard het. Sy verloor hul ongebore baba nadat hy haar aanrand, en worstel steeds jare daarna met die verlies terwyl hy sy vonnis in die tronk uitdien. Om die honger na haar eie kind te stil, word Danika ’n suksesvolle skrywer en werk as ’n vrywilliger by die neonatale afdeling van ’n hospitaal. Dit is hier waar Malan van den Heever haar raaksien … Maar Malan worstel met sy eie omstandighede. Hy het sy swanger vrou in ’n motorongeluk verloor en die smart en skok dreig om hom in te sluk. Die medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir Reina nie. Dat hy nou alleen na sy pasgebore babas moet omsien, voel vir hom onwerklik en hy sukkel om afskeid te neem. By die hospitaal sien hy hoe liefdevol Danika die babas vertroetel en vra haar om hom met die versorging van sy dogtertjies te help. Malan se skoonouers dreig egter om voogdyskap oor die tweeling te verkry, en sy prokureurvriend stel ’n gerieflikheidshuwelik voor ter wille van die kinders. Maar Danika sukkel om weer ’n man in haar lewe toe te laat, en Malan voel dat hy ontrou aan sy oorlede vrou is. Gedurende hierdie tyd word Danika se eksman in die tronk vermoor en sy word van die moord verdink. Sy besef ook dat sy haar ontluikende gevoelens vir Malan in hul gerieflikheidshuwelik verborge sal moet hou. Die getroude paartjie se wedersydse vriende vind na twintig jaar weer onverwags ’n kans op geluk, maar sal Danika en Malan vry kan breek van hul verledes?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Feb. 2026
Formaat EPUB
Skrywer Madelie Human
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Madelie Human