Kompetisiereëls: LUCA Kortverhaalbundel

 

Wys jou slag met woorde en skryf ’n inspirerende kortverhaal vir LUCA! Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2024. Die prys? Die geleentheid vir JOU kortverhaal om in ’n bundel saam met die werke van bekende skrywers gepubliseer te word!

 

Kompetisiereëls: LUCA Kortverhaalbundel

  • Die tema van die kortverhaal moet in lyn wees met LUCA se leuse van geloof en inspirasie.
  • Kortverhale moet die skrywers se oorspronklike werk wees, en in Afrikaans wees.
  • Skrywers moet 18 jaar en ouer wees.
  • Geen KI (kunsmatige intelligensie) werk sal aanvaar word nie.
  • Kortverhale moet tussen 1,500 en 3,000 woorde lank wees.
  • Die kortverhale moet as ’n MS Word dokument gestuur word in 12pt Times New Roman of Arial skrif, met 1.5 spasiëring.
  • Die kortverhaal se titel en die skrywer se naam moet bo-aan die dokument verskyn met die algehele woordtelling. Bv. Die donker nag, Sannie Skrywer, 1,800 woorde.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 31 Oktober 2024 om 12:00nm en geen verlenging sal hierop toegestaan word nie.
  • Stuur inskrywings na luca@penguinrandomhouse.co.za met KORTVERHAAL: KORTVERHAAL NAAM deur SKRYWER NAAM in die onderwerp lyn van die e-pos.
  • Kortverhale moet saam met ’n kort biografie, adres, ID nommer, kontaknommer en foto van die skrywer vergesel word.
  • Inskrywings wat nie die riglyne en bepalings nakom nie, sal outomaties gediskwalifiseer word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  • Die prys vir wenners behels die opname van jou kortverhaal in ’n bundel wat gepubliseer sal word. Elke wenner ontvang ’n gratis eksemplaar van hierdie bundel.
  • Die skrywers gee met hul deelname toestemming dat hul kortverhale sonder inperkinge gebruik mag word deur die uitgewer.
  • Die skrywers behou die kopiereg op die teks.
  • Die uitgewer behou die kopiereg op die publikasie.
  • Die skrywer gee met die inskrywing toestemming aan die uitgewer om taalversorging aan die teks aan te bring na goeddenke om aan die uitgewer se publikasievereistes te voldoen.
  • Die uitgewer behou die reg om te besluit op die publikasiedatum van die kortverhaalbundel, asook die voorblad en titel.
  • Geen tantieme of vergoeding of enige kontant pryse sal aan die wenners beskikbaar gemaak word nie.
  • Wenners sal ’n kontrak teken om te bevestig dat hulle geensins in aanmerking kom vir enige vergoeding vir die publisering en plasing van hulle kortverhale deur die uitgewer en geaffilieerde afdelings nie.
  • Ekstra kortverhaal bundels kan deur die skrywers van die kortverhale aangekoop word met ’n spesiale korting van 50% van die oorspronklike verkoopsprys.
  • Terme en voorwaardes geld.