Prof Fungus(12) en die monsterformule

R150,00
Prof Fungus(12) en die monsterformule
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799380132
Format: Sagteband
Publish date: 2018-10-10

Daar's 'n monster in die laboratorium ... Jenny is baie opgewonde. Sy het sowaar die hoofrol in die skoolkonsert gekry! Maar toe sy en Bennie die middag voor die konsert by professor Fungus gaan kuier, drink sy per ongeluk 'n vreemde mengsel ... En kort voor lank het dit VREESAANJAENDE gevolge! Jenny se hele lyf word pers en skubberig, haar gesig word harig ... en sy kry 'n stert! Sal professor Fungus betyds 'n teenmiddel kry – voor sy haar rol in die konsert kwyt is? Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se professor Fungus-reeks – en die ongelooflike illustrasies deur Johann Strauss sorg sommer vir dubbel die leespret! Elke storie is propvol fantastiese karakters en wilde, skreeusnaakse avonture. En by Einstein se snor, agterin elke boek is daar boonop 'n eksperiment wat jy tuis kan doen!

Meer inligting
Publish Date 10 Okt. 2018
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs