Reenboogrant Tieners: Omnibus 2 (3 in 1)

R240,00
Reenboogrant Tieners: Omnibus 2 (3 in 1)
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799389500
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2018-07-01

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reenboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou in 'n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe – die Reenboogrant-jare! In die Reenboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoerskool, en daar is hope opwinding, pret en liefdesteleurstellings, met partytjies, kêrels en ander uitdagings van grootword.

Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit dié gewilde reeks:

Drome en dramas

Hartebreker

Anderkant die reenboog

Drome en dramas

'n Splinternuwe BMW. 'n Modelkontrak in Italie. Twee retoervliegkaartjies na enige bestemming van jou keuse. Klere ter waarde van R20 000 ... Dis maar net 'n paar van die pryse wat gewen kan word in die Face of the Future-skoonheidskompetisie ... en Shani is vasberade om te wen. Maar Rachelle gaan natuurlik ook inskryf ... en sy gee nie om om vuil te speel nie.

Hartebreker

Daar is 'n nuwe hartebreker in die Hoerskool Reenboogrant. Hy's baie aantreklik en speel boonop 'n hoofrol in 'n nuwe sepie. Nou soek die vervaardigers na 'n meisie as 'n byspeler. Shani is vasberade om die rol in te palm, maar Sunette gaan ook vir die oudisie ... en Rachelle natuurlik ook. Min mense is bestand teen Sunette se wasige skoonheid en Rachelle het al hope skoonheidstitels en kan mense om haar pinkie draai. Wie gaan die rol kry?

Anderkant die reenboog

Die beroering wat die aantreklike nuwe hartebreker in die Hoerskool Reenboogrant veroorsaak het, het skaars bedaar, toe 'n nuwe meisie van die Kaap haar verskyning maak. Al die ouens – selfs Dolf – swerm die heeltyd om die pragtige Monique. Shani en Sunette het net mooi genoeg hiervan gehad. Maar dan bars die bom en Monique se geheim kom op die lappe ...

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jul. 2018
Formaat Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Louise van Niekerk
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Louise van Niekerk