Die monster in my melkskommel

R220,00
Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met die temas van misdaad, geweld, huisinbrake en die trauma wat daarmee gepaard gaan, sowel as boelies en die uitdaging van aanpas in skool.
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637000871
Format: Sagteband
Publish date: 2023-02-01
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie daaragter steek. Sy is paraat en het ’n rugsak vol wapens en planne. Maar onverwagte vriendskappe, onverwagte ontdekkings en onverwagte gevoelens laat haar als bevraagteken wat sy gedink het sy weet. Wat is waar, en wat is net in haar kop? ’n Unieke en spanningsvolle verhaal wat op ’n empatieke en humoristiese wyse sensitiewe kwessies rondom trauma behandel. René van Zyl se toetrede tot jeugfiksie is vars en vol impak.
Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2023
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer René van Zyl
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur René van Zyl