Kate in harmonie (EPUB)

R179,00
Kate in harmonie (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799389791
Format: EPUB
Publish date: 2018-05-01
Links
Kom verloor jou hart op ’n perd.

Kate se hele lewe is op sy kop gekeer.
Nadat haar pa sy werk verloor, trek hulle gesin sak en pak na ’n plaas naby die Paarl. Dit beteken Kate moet haar hele lewe in Johannesburg en die Fab-susters, haar beste vriendinne, agterlaat om graad elf in ’n nuwe skool te begin, terwyl sy probeer aanpas by die rustige plaaslewe. Haar broer moet in sy matriekjaar sy plek in die eerste rugbyspan en sy leerlingraadsbalkie prysgee.
Sommer die eerste dag op Uitkyk trek een van die perde Kate se aandag. ’n Wit-en-bruin hings met vurige donker oë. Die perd se naam is Harmonie, maar dit pas glad nie by hom nie – hy is in harmonie met net mooi niks. Wanneer iemand dit naby hom waag, raak hy wild en hy laat nie ’n saal op sy rug toe nie.
Will, die plaaseienaars se seun, bied aan om vir Kate perdrylesse te gee. Maar hy maak geen geheim daarvan dat hy reken dié stadsjapie-meisie wat vir perdemis gril, gaan nie die mas opkom nie.
Hy hou egter nie rekening met Kate se vasberadenheid nie. 
Iets aan Harmonie trek haar aan, lok haar elke keer terug na sy kamp waar sy ure lank sit en die perd se grasieuse lyne in haar sketsboek teken. Hoe meer sy oor Harmonie se verlede uitvind, hoe sterker word die band tussen hulle. 
En toe Harmonie se toekoms in die weegskaal beland, moet Kate die dapperste ding van haar lewe doen …

’n Aangrypende lekkerlees-jeugverhaal oor tweede kanse en die kragtige band tussen ’n spesiale ruiter en ’n spesiale perd. 

Kate in harmonie was op die kortlys van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie in 2017.
Meer inligting
Publish Date 01 Mei 2018
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Jacolet van den Berg
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jacolet van den Berg