Mooiloop: Mooiste Reisstories (EBOEK)

R254,00
Mooiloop: Mooiste Reisstories (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799369267
Format: EPUB
Publish date: 2014-09-02
Links
Die tydskrif Mooiloop het in 2008 sy laaste uitgawe gedruk nadat dit in 2006 as Wegbreek, die Afrikaanse weergawe van die reistydskrif Getaway verskyn het. Lesers wat die skeppendheid en passie van die redaksie onder leiding van Gerrit Rautenbach waardeer het, kry nou die geleentheid om hulle van voor af te verlustig in Mooiloop se onverdunde reisstories , hier gebundel in een heerlike woordreis van begin tot einde. Reis word meer as net ’n stap-vir-stap-vertelling en skrywers soos Eben Venter, Chris Barnard, Hennie Aucamp, Riana Scheepers en nog vele ander bekende pennemeesters voer jou – die leser – mee na hul hartland, laat jou die opwinding smaak van jou eerste duin met ’n viertrek baasraak, laat die spoke van die verlede riel trap op ’n vergete dansvloer in die Karoo, of vat jou voetjie vir voetjie saam op die bakleistryd om Kili te klop. As jy ooit gewonder het waar die hart van die Kgalagadi nou eintlik lê, sal hierdie bundel die antwoord verskaf ... of jou uitdaag om self die wandelstaf op te neem. Soos wat Mooiloop se leuse, ‘reis sonder einde’, te kenne gee, is hierdie reis nog lank nie verby nie.
Meer inligting
Publish Date 02 Sep. 2014
Format EPUB
Skrywer Gerrit Rautenbach
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening