Die volmaakte moord (EBOEK)

R270,00
In voorraad
ISBN
9781776380848
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2025-08-01
Links
Moord aan boord van die Leonardo. Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar. Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweerstaanbaar raak. Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.” Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2025
Formaat EPUB
Skrywer Leon van Nierop
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Leon van Nierop