Man sonder weerga (EBOEK)

R191,00
Man sonder weerga (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799389883
Format: EPUB
Publish date: 2018-06-20
Links
Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke. 

Die towerformule:
Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.

Liefste Valentyn:
Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder – is sy verpletter? Of dalk verlig?

Engel sonder vlerke:
Minette se laaste studiejaar ontaard in ’n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe – of haar hart – nie.

Meer inligting
Publish Date 20 Jun. 2018
Format EPUB
Skrywer Bets Smith
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Bets Smith