Altyd wink die liefde - Omnibus (EBOEK)

R196,00
Altyd wink die liefde - Omnibus (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799354542
Format: EPUB
Publish date: 2019-05-01
Links
Altyd wink die liefde is ’n samestelling van drie van Anna van Tonder se vorige Romanzas Nuwe seisoen Tussen twee vure en Raaiselvrou. Die Romanzas het onder die skryfnaam Annetjie van Tonder verskyn. Nuwe seisoen: Ronel het nie verwag dat ’n vroulike adjunkhoof so ’n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof Frans Hugo sommer die eerste dag al kant teen haar ná kwaadwillige praatjies. Tussen twee vure: Helette se plan was sowaar nie om au pair te speel vir ’n kleuter nie. Die professorpa is buitendien net te befoeterd en net te aantreklik. Of is daar ’n ander rede vir dié enigmatiese man se frons? Raaiselvrou: Emma verloor haar hart op ’n gasteplaaseienaar wat versot is op sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Sy is egter glad nie ’n dieremens nie. Maar die eienaar het die sagste bruin oë ...
Meer inligting
Publish Date 01 Mei 2019
Format EPUB
Skrywer Anna van Tonder
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Anna van Tonder