Vlug van gister

R290,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779860002
Format: Sagteband
Publish date: 2024-02-01

Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man,
Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar
lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer
as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, ’n werk,
of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die
beste.
Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby
Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom ’n plaaslike boer, Dewald,
tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly
terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas
boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto’s van hom as gelukkige
jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om ’n wewenaar te wees,
maar dis sy lot in die lewe.
Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees
wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil
kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie
vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy
moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim.
Vlug van gister is ’n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers
weer sal laat glo in ware liefde.

Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2024
Format Sagteband
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening