Die gawe van groen

R310,00
Die gawe van groen is ’n unieke skepping, wat elemente van historiese fiksie, avontuur, romanse en magiese realisme vermeng om iets totaal vars vir lesers te bied. Dit speel af in die pre-koloniale era van Suid Afrika, maar een wat deurtrek is met wonder en misterie.
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776358335
Format: Sagteband
Publish date: 2024-02-01
Die binneland is aan die doodgaan; droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was. Gerugte bereik koning Ghatra van die Noorde, gerugte van ’n reënkoningin wat krag oor die waters het. As die stories waar is, kan hierdie Sati-met-die-Gawe die drie ryke red en sy koninkryk herstel. So word ’n kontrak gesluit vir ’n jong vrou se lewe. ’n Reuse bruidskat word na Sati se pa gestuur op die kus, en in ruil moet sy saam met Ghatra se manskappe op die wa terug die dorre binneland in reis. Nou vind Sati van die Suidland haarself ver in die vreemde, op pad na ’n lewe wat sy haarself nie kan verbeel nie. Maar die jong soldaat, Djimon, ontferm homself oor sy koning se nuwe bruid. Hy stap langs haar op die lang pad, dra vir haar veldblomme aan, wys vir haar waar die mooi wegkruip in so ’n ongenaakbare land. Dis hy wat die groen in haar laat blom. Maar soos Sati meer uitvind van hierdie nuwe land en die mans wat nou skielik oral in haar lewe vertoon, begin sy wonder of enigiemand die meisie agter die Gawe raaksien. En wanneer die koning se planne vir haar duidelik raak, vind Sati uit daar lê iets meer agter die groot Groen wat in haar binneste groei.
Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2024
Format Sagteband
Skrywer Elmarie Dercksen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening