Kompetisietydperk: 1 September 2026 – 30 September 2026
Ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag nooi Tippie jong skrywers uit om hul verbeelding en liefde vir stories met ons te deel deur aan die Tippie Wêreldgeletterdheidsdag-storiekompetisie deel te neem.
Die kompetisie is oop vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 11 jaar.
Ons is op soek na oorspronklike en verbeeldingryke stories wat die vreugde van lees, storievertelling en kreatiwiteit vasvang.
Om deel te neem, moet kinders:
Daar is geen inskrywingsfooi nie.
Storie-lengtes volgens ouderdom:
Elke kind mag slegs een inskrywing indien.
Die kompetisie sal deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Fanie Viljoen beoordeel word.
Inskrywings sal onder meer volgens die volgende kriteria beoordeel word:
Die beoordelaar se beslissing is finaal en bindend, en geen korrespondensie sal oor die beoordelingsbesluit gevoer word nie.
Eerste prys
Die persoonlike storieboek en aktiwiteitsboekie is slegs ’n gedenkprys. Dit sal nie deel word van die amptelike Tippie-reeks nie, sal nie as ’n amptelike Tippie-titel gepubliseer word nie en sal nie te koop aangebied of kommersieel versprei word nie.
Tweede prys
Die naaswenner ontvang ’n ATKV-geskenkpak.
Die wenner en naaswenner sal op Vrydag 9 Oktober 2026 op Tippie, Klaskameraad en ATKV se Facebook-bladsye aangekondig word.
Deur aan die kompetisie deel te neem, gee die kind se ouer of wettige voog aan Tippie en die ATKV toestemming om die ingediende storie te reproduseer vir doeleindes wat direk met die kompetisie verband hou.
Die kind se storie bly die kind se intellektuele eiendom. Geen inskrywing sal deur LAPA of die ATKV kommersieel gepubliseer of as deel van die Tippie-reeks verkoop word nie.
Deur aan die kompetisie deel te neem, gee die kind se ouer of wettige voog toestemming dat die kind se naam, ouderdom, foto en wenstorie deur Tippie/LAPA/ATKV in verband met die kompetisie gebruik mag word, insluitend vir promosie- en publisiteitsdoeleindes.
Persoonlike inligting wat saam met inskrywings verskaf word, sal slegs gebruik word vir doeleindes wat redelikerwys nodig is om die kompetisie te administreer.
Die organiseerders behou die reg voor om ’n inskrywing te diskwalifiseer indien dit nie aan die kompetisie se vereistes of hierdie Bepalings en Voorwaardes voldoen nie.
Die kompetisie is oop vir kinders tussen 7 en 11 jaar wat in Suid-Afrika woon.
Werknemers van Tippie, Penguin Random House South Africa, LAPA, ATKV en hul onmiddellike familielede kwalifiseer nie om deel te neem nie.
Deur ’n inskrywing in te dien, bevestig die ouer of wettige voog dat hulle hierdie Bepalings en Voorwaardes gelees en aanvaar het en toestemming gee dat die kind aan die kompetisie deelneem.
Sterkte aan al ons jong storievertellers – ons kan nie wag om julle stories te lees nie!
Tippie | Penguin Random House South Africa | ATKV