Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Christeline is pas terug ná sy haar Doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Rodney mag op die oog af net die mede-eienaar van ’n tuindiens wees en daarby ’n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van ’n blom moet egter nie onderskat word nie.