Donkertyd - My naam is Tina

R290,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780637002974
Format: Sagteband
Publish date: 2024-03-01
Die donker het ’n manier om jou in te haal Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts ’n bestaan gemaak het, word Tina in ’n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”. Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In ’n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. Só probeer sy genesing bring. Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie. Die donker het ’n manier om jou in te haal.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2024
Format Sagteband
Skrywer Mariël Le Roux
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Mariël Le Roux