Hekel en word heel 2

R370,00
Hekel en word heel 2
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639601007
Format: Sagteband
Publish date: 2021-03-01
Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Dit bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, dood tot mishandeling. Een-en-twintig mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te hanteer. Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone – iets vir almal! Hierdie unieke hekelboek bevat patrone vir ponchos, serpe, tjalies, truie en snoedels om net ’n paar te noem. Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense se oorwinnings!
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2021
Format Sagteband
Skrywer Nadia de Kock, Jessica Haasbroek, Hilda Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening