Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek 2

R220,00
Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek 2
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639602363
Format: Sagteband
Publish date: 2021-05-01
’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding en laterale denke om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind. Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II bevat nog dertig splinternuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel vir dié wat dapper genoeg is. Betree hierdie wonderlike woordwêreld, en onthou: Daar is ’n afdruk van ’n poot op ons almal se voorstoepe. (Skommel die letters van die woord VOORSTOEP en jy kry VOETSPOOR. Gebruik die volgende leidraad om tot die slotsom te kom: Daar is ’n afdruk van ’n poot op my deurmekaar voorstoep.) Die boek is die tweede kriptiese blokraaiselboek in hierdie reeks en bied 30 splinternuwe blokraaie. Die boek bied meer uitdagende en meevoerende raaisels as konvensionele blokraaiselboeke.
Meer inligting
Publish Date 01 Mei 2021
Format Sagteband
Skrywer Willem Swanepoel
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening