Lani rebelleer teen haar ouers wat haar ’n konsertpianis wil maak en gebruik haar musiektalent om popmusiekliedjies te skryf. Sy werk as kelnerin en trek rond om haar ouers te ontduik.
Elliot leef rustig en georden totdat hy Lani, ’n ryloper met ’n ghitaar, oplaai. Sy is die teenoorgestelde van sy ideale vrou, maar maak iets in hom wakker. Hy glo nie aan liefde met die eerste oogopslag nie, maar sy hart vat kortpad.
Gaan hy sy hart se wens kan weerstaan?