Bonsaimeisies

R320,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779860262
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2025-09-01
Buig die boompie ... Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor: Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ... Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevangene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem. Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas. Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Sep. 2025
Formaat Sagteband
Skrywer Erla-Mari Diedericks
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Erla-Mari Diedericks