Glam-divas 2: Didi (EBOEK)

R153,00
Glam-divas 2: Didi (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799359084
Format: EPUB
Publish date: 2012-09-17
Links
Wat gaan ek doen? My maag maak ’n groot draai. Ek is nie ’n natural born lady nie. Die laaste keer toe ek hoëhakskoene gedra het, het dit kort duskant ’n ramp geëindig. En my pa is ’n taxibestuurder, nie ’n miljoenêr met ’n miniatuur-paleis vir ’n huis nie. Hlomla Khuni se pa is ’n bekende sokkerspeler en sy ma is ’n beroemde aktrise. So, hoe op aarde het dit gebeur dat hy my date vir die Meidans is?

Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. 

Toe Didi voorspel dat die tweede kwartaal vervelig gaan wees, het sy geen benul hoeveel drama die komende Meidans gaan oplewer nie. Wat is Hlomla Khuni se storie? Hou hy regtig van haar? En hoe gaan sy haar pa oortuig dat Hlomla nie net ’n bedorwe rykmanskind is nie? Boonop is daar ’n nuwe meisie in die skool wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewe te versuur. 

En dit lyk of dinge tussen Talia en haar ou ook ernstig begin skeefloop...
Meer inligting
Publish Date 17 Sep. 2012
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Solet Scheeres
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Solet Scheeres