Betower (EBOEK)

R162,00
Betower (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799358001
Format: EPUB
Publish date: 2012-03-29
Links
Nadia het ’n geheim.
En die geheim is die rede waarom sy by haar ouma in Magoebaskloof moet gaan bly.
Hier ontmoet sy vir Poenk.
Bos-Poenk.
Geheimsinnige Poenk.
Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik.
Wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan.
Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf.
Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel.
Poenk wat self ’n geheim in hom ronddra.

Hierdie boek was die naaswenner in LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie wat in 2011 aangebied is. Die beoordelaars het onder meer groot lof gehad vir die manier waarop Viljoen, tans een van die gewildste jeugromanskrywers in Afrikaans, fantasie en realisme in hierdie jeugroman versoen tot ’n moderne, liriese sprokie waarin moeilike realiteite van die tiener se leefwêreld met ’n vernuwende inslag aangespreek word.
Betower bied deur die gebruik van treffende en beeldende taal ontvlugting aan die leser in ’n boeiende, broeiende verhaal met interessante ruimtes en met ongewone randfiguur-karakters.
                Dit is ’n storie oor foute en vergifnis, veral teenoor jouself. 
Meer inligting
Publish Date 29 Mrt. 2012
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Fanie Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen