Felicia Snyman is ʼn opkomende romanse skrywer wat in Springs gebore is, met reeds sewe gepubliseerde boeke onder haar eie naam. Met ʼn mini-reeks wat uit haar pen vloei maak sy ’n blywende indruk op die gevestigde romansemark.Haar skrywersloopbaan begin op die ouderdom van 26 en sy bring vyf boeke in twee jaar na die Romanza-lesers. Meeste van die inspirasie vir haar skryfwerk spruit uit haar werk as ʼn egskeidingsprokureur en gesprekke met haar hartsmense. Sy sien die hartseer gedeeltes van ander raak waarin daar soveel potensiaal vir ʼn gelukkige einde opgesluit lê. Felicia is ook ʼn dosent in regsgeleerdheid met ʼn meestersgraad in handelsreg en het ʼn obsessie met Boston terriërs. Sy woon tans in Centurion saam met haar viervoetkind, Riley.