Nuwe môre vir die hart

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776358984
Format: Sagteband
Publish date: 2023-02-01
Wanneer die negentienjarige Alida haar ongebore dogtertjie verloor, veg sy teen matelose depressie. Toe sy eindelik weer begin skilder, ontmoet sy die enigmatiese Gerhard langs haar esel op die duin onderkant haar ouma se strandhuis.Hulle is amper dadelik sterk aangetrokke tot mekaar, en sy waag om vir haar nuwe vriend die verhaal van haar dogtertjie te vertel. Gerhard groet weer ná drie dae, maar maak dit egter duidelik dat hulle vriendskap nie buite dié idilliese ruimte voortgesit kan word nie. Vir die volgende vier jaar is daar dan ook kosbare tye saam, maar slegs tydens Desembervakansies by die stranddorp. Alida weet dat sy die “skulpeman” – soos haar suster, Karlien, na hom verwys – innig liefgekry het, maar sy glo nie hulle sal mekaar ooit in die “buitewêreld” ontmoet nie. Waarom bly sy dan droom van ʼn toekoms saam?
Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2023
Format Sagteband
Skrywer Magda Schmidt
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Magda Schmidt