Losprys

R300,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799390889
Format: Sagteband
Publish date: 2018-10-01
Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister. Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil? Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.
Meer inligting
Publish Date 01 Okt. 2018
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Martin Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Martin Steyn